Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld
Die beste ding wat ek vir my huwelik kan doen, is om op God en sy Woord te fokus.
•••
Ek het eenkeer hierdie vergelyking gelees oor hoe dit wat binne-in jou is, na vore sal kom. Dit is verduidelik met behulp van 'n koffiebeker. Die eerste vraag was: "As jy 'n koffiebeker vol koffie vashou en iemand stamp jou sodat jy mors — waarom het jy koffie gemors?" Die antwoord is dat jy die koffie gemors het omdat daar koffie in jou beker was. As dit tee was, sou jy tee gemors het. Wat ook al in die beker was, sou jy gemors het. Die vergelyking eindig met hierdie vraag: "As die lewe jou dan kom skud — wat sal jy mors? Wat is in jou beker?" Dit is so 'n goeie vergelyking. As jy jou beker aanhoudend met goeie en Goddelike dinge vul, as jy volhard om die Woord van God in jou gewortel te kry, sal jou huwelik op vaste grond gebou word. Dis daardie dinge wat na vore sal kom wanneer 'n storm jou tref.
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!
More