Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld
Die beste huwelik is die soort waar gister se frustrasies nie die kwaliteit van vandag beïnvloed nie.
•••
Soveel keer moes ek al myself herinner om "my gevegte met oorleg te kies". Ek sê dit gereeld in my kop as die Satan, of selfs my eie vlees, my probeer ontstel oor iets wat gister of maande gelede gedoen of gesê is. Soms is dit so aanloklik om ou koeie uit die sloot te grawe, maar dit is nie die moeite werd nie. Nie net omdat dit jou huweliksverhouding belemmer nie, maar ook omdat God dit nooit aan ons doen nie. 'n Ander ding wat ek myself gereeld afvra, is: "Is dit die moeite werd?" Is dit die moeite werd om die oomblik, of selfs die dag, van sy vreugde te beroof omdat ek nog aan daardie tyd dink toe __________? Nee, dit is nie die moeite werd nie. Dit is een van daardie oomblikke om te laat vaar en vorentoe te kyk. Dit is een van daardie oomblikke om God se hulp te vra om dit uit my gedagtes en denke te verwyder, en eerder te fokus op al die mooi dinge en seëninge wat ek saam met my huweliksmaat het. Dit is een van daardie oomblikke om my gesag te gebruik om die Satan te vertel om in die Naam van Jesus van my af weg te gaan. Dit is 'n geleentheid om hom daaraan te herinner dat hy nie sy sin in my huwelik sal kry nie. Moenie die verlede as skietgoed gebruik nie, los dit in die verlede waar dit hoort. Dank God vir vandag en wys jou huweliksmaat hoe dankbaar jy is dat julle dit saam kan deurbring.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!
More