Hernuwe Jou Huwelik in 31 DaeVoorbeeld
Jy sal nooit gelukkig wees in jou huwelik nie, totdat jy besluit om eerder op God te fokus as op al die dinge wat jou pla.
•••
Sjoe julle ... dit is so waar dat ons soms geneig is om op die negatiewe te fokus. Hoe hy beloof het om iets te doen en toe vergeet het. Hoe sy gesê het sy sou 'n rekening betaal, en nou is daar 'n fooi vir agterstallige betaling. Dinge gebeur, vingers word gewys en dan is almal ontsteld. Om oor gedane sake te huil, help niks nie. Deur gewoond te raak daaraan om genade te betoon, eerder as om te murmureer, sal baie meer vrede in jou huwelik tot gevolg hê. Leer uit jou foute, voer 'n gesprek daaroor as dit nodig is, maar moenie daaroor broei nie. Fokus jou aandag op God en vra Hom om jou te help om genade aan jou huweliksmaat te bewys op die manier waarop Hy genade aan jou betoon het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n hupstoot in jou huwelik nodig? Raak verdiep in die Skrif en mekaar vir 31 opeenvolgende dae en kyk hoe Jesus verskyn!
More