Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy GenadeVoorbeeld

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

DAG 7 VAN 7

God se Doel vir Jou

Om na 'n vars lentereën diep asem te haal, om te luister na voëls wat soggens in lofprysing uitbars, om stil te raak en behae te skep in stiltetyd saam met God — al hierdie ervarings bring oomblikke van vreugde in die Here. Namate jy meer en meer tyd in sy skepping, in sy Woord en in gebed deurbring, plant Hy saadjies om sy doel vir jou lewe te bereik. Wanneer jy jou hart aan Hom gee, sing Hy terug na joune, en roep jou om die presiese doel te vervul waarvoor Hy jou geskape het. Dit sal meer wees as wat jy ooit kan dink — jy is 'n meesterstuk in wording.

Gebed:  

O Vader, ek geniet dit om in u teenwoordigheid te wees en u vrede en liefde vir my in te neem. Ek wil hê wat U vir my wil hê, want ek weet dit is die heel beste. Amen. 

 

As jy hierdie oordenking geniet het en wil voortgaan om te leer hoe om God se genade ten volle te ervaar, besoek dayspring.com  om jou eksemplaar van "100 Days of Grace & Gratitude", geskryf deur Shanna Noel, te kry.   

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.

More

Ons wil graag vir DaySpring vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.dayspring.com/