Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy GenadeVoorbeeld
Die Volheid van Sy Genade
Wanneer jy midde-in 'n stryd is — of dit nou 'n tragedie, siekte, verraad of swaarkry is — wil die menslike aard na die probleem kyk en doen wat natuurlik is: jou bekommer, kwel, of dit uitsorteer. God gee jou egter 'n ander opsie: om op Hom te vertrou. Wanneer jy dít doen, sal jy sy vrede ontvang — sy volmaakte vrede vir die oomblik waarin jy is. Hy weet van alles wat jy in die gesig staar en selfs met chaos buite om jou, kan jy in die volheid van sy genade en vrede binne-in jou wandel. Waarmee sal jy Hom vandag vertrou?
Gebed:
Vader, dankie vir u belofte om my te seën met u ware en blywende vrede, ongeag wat ek moet trotseer. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.
More