Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy GenadeVoorbeeld

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

DAG 6 VAN 7

Nuwe Genade elke Oggend

Stel jou voor dat jy saans, tussen jou lakens, in die bed lê en die dag in jou gedagtes laat afspeel — al die dinge wat jy wens jy anders gedoen of gesê het. Of dalk is jou siel neerslagtig weens ’n oorweldigende probleem. Dalk wens jy dat jy dit kan herhaal en oor begin. Wel, jy kan. Met elke nuwe dagbreek, wag God se liefde en genade vir jou om dit in te neem en nuut te begin. Gister en sy spyt is verby, en sy getrouheid en liefde brand steeds sterk met elke nuwe oggend.

Gebed: 

Vader, ek is dankbaar en verlig omdat U my so liefhet en u genade elke dag vars en oorvloedig in my lewe is. Amen.  

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.

More

Ons wil graag vir DaySpring vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.dayspring.com/