Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy GenadeVoorbeeld

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

DAG 1 VAN 7

Werp jou Laste op Hom 

Wat rus vandag swaar op jou skouers? Wat trek jou gees in verskillende rigtings en vermoei jou? Liewe mens, God weet van alles. Hy verstaan ​​dat jy swak is en net sóveel op een slag kan hanteer. Daarom belowe Hy om te help — Hy sal jou laste vir jou dra. Daar is geen tyd- of gewigsbeperking om Hom te laat sê: "Jy het jou kwota vir die dag bereik" nie. Sy krag is onbeperk, en geen moeite is vir Hom te veel nie. Hy vind groot genot daarin om jou te help en na elke behoefte om te sien. Jy moet jou laste egter eers in sy hande plaas, Hom vertrou en rus in die wete dat Hy dit onder beheer het.

Gebed:  

Here, dankie vir u genade en krag om my deur hierdie dag te dra. Ek gee nou my laste vir U en rus in die wete dat U dit geneem het en dat U by my is. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.

More

Ons wil graag vir DaySpring vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.dayspring.com/