Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy GenadeVoorbeeld

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

DAG 3 VAN 7

Stap in Vreugde  

Het jy al ooit daaraan gedink, terwyl Jesus op die aarde gewandel het, het Hy in die vreugde van sy Vader gewandel? Ja, terwyl Jesus demone uitgedryf, siekes genees het, geloop het en tot by die punt van algehele uitputting gepreek het, was Jesus vol vreugde. Voordat Hy die aarde verlaat het, het Hy gesê as jy in Hom bly en sy doel vir jou lewe uitleef, jy ook sy vreugde kan hê. Trouens, sy blydskap word in jou volkome gemaak. Dit beteken — dit maak nie saak watter werk of uitdagings jy in die gesig staar nie — jy sal in sy vreugde elke taak kan voltooi en struikelblokke oorkom.

Gebed:  

Vader, dankie vir u gawes van verwondering en behae. Vul my hart en verstand, hou my vas en beskerm my terwyl ek deur hierdie dag in die volheid van u blydskap wandel. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.

More

Ons wil graag vir DaySpring vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.dayspring.com/