Genade en Dankbaarheid: Leef ten Volle in sy GenadeVoorbeeld

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

DAG 4 VAN 7

Deur Genade Gered  

Van ons geboorte af het ons bewus geword van oorsaak en gevolg. Wanneer ons goeddoen, word ons beloon en geprys. As ons foute maak, word ons veroordeel en aanspreeklik gehou totdat die foute reggestel is. Ons sorg dat ons optrede tot beloning, aanvaarding en vergoeding lei. Daarom is dit vir baie so moeilik om die begrip van genade te verstaan. Uit sy genade het Christus vir ons gesterf om mensgemaakte toestande te verwyder sodat ons vry onder God se genade kan lewe. Die uiteindelike effek van Jesus se dood het vryheid en genade in ons lewens bewerkstellig. Ons hoef niks meer te "doen" nie behalwe as om dit te glo en te aanvaar. Het jy al?

Gebed:  

Vader, dankie vir u Seun se offer sodat ek in die verbond van u genade kan lewe. Help my nou om dit ten volle aan te gryp en te wandel in die vryheid wat nou myne is. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grace & Gratitude: Live Fully In His Grace

God het baie beloftes aan jou gemaak, en Hy is van plan om elkeen na te kom. In ons wêreld is dit egter vandag maklik om God se goedheid en genade te vergeet. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om sy oorvloedige genade en seëninge te onthou deur toewydingsinhoud, die Woord van God en 'n daaglikse gebed van nadenke. Hierdie leesplan het sy oorsprong uit die oordenkingsjoernaal "100 Days of Grace & Gratitude" deur Shanna Noel en Lisa Stilwell.

More

Ons wil graag vir DaySpring vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.dayspring.com/