Koninkryksdissipels met Tony EvansVoorbeeld

Kingdom Disciples With Tony Evans

DAG 6 VAN 6

 Kerk en Gemeenskap

God plaas koninkryksdissipels in die liggaam van die kerk om sy verteenwoordigers in die wêreld te wees. In vandag se oordenking gaan ons sien hoe God die kerk gebruik om die wêreld te verander. 'n Koninkrykskerk is: 'n groep gelowiges wat saam daaraan toegewy is om dissipels van hulle lede te maak, ten einde hemelse waardes in die geskiedenis uit te leef en oor te dra. 

Soos ons ontdek het, is dissipelskap die groeiproses waardeur Christene leer om hulle hele lewe onder die heerskappy van Jesus Christus te bring. Hierdie groei gebeur nie oornag nie. Selfs al is jou verlossing volledig die oomblik wat jy Christus vertrou vir redding, is die proses om 'n dissipel te word lewenslank. Dit is egter ook 'n proses wat nie by jouself moet ophou nie.

Dit is waarom dissipelskap 'n proses van ontwikkeling in die plaaslike kerk insluit, waardeur Christene gelei word vanuit hul geestelike kinderskoene na geestelike volwassenheid. Hierdeur kan hulle die proses van dissipelskap in ander lede voortsit. Die Bybel noem hierdie proses om "... gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun ..." (Romeine 8:29). 

Met ander woorde, die proses van dissipelskap waardeur gelowiges soos Christus word
is ontwerp om oor en oor herhaal te word totdat Jesus 'n menigte broers en susters het wat soos Hy lyk. Die plaaslike kerk is een van die primêre plekke waar hierdie proses van dissipelskap plaasvind.

Ek en jy kan nie deelneem aan hierdie proses as ons as geïsoleerde Christene leef nie. God het ons geplaas in 'n liggaam van mense wat die kerk genoem word, sodat ons saam die taak kan vermag om dissipels van ander gelowiges te maak. Die kerk is God se plek om dissipels voort te bring wat dan ons gemeenskappe sal beïnvloed. Namate koninkryksdissipels begin om soos Jesus te dink, te praat en op te tree, word die wêreld ook beïnvloed.

Om meer uit te vind oor Tony Evans se Koninkryksdissipels Bybelstudie, besoek asseblief: Kingdom Disciples 

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Kingdom Disciples With Tony Evans

Koninkryksdissipels vra gelowiges en kerke om terug te keer na ons allergrootste belang om dissipels te wees en van ander dissipels te maak. Slegs wanneer ons hierdie verantwoordelikheid ernstig opneem, sal die wêreld hemelse werke op aarde sien. Tony Evans onderrig ons in wat dit beteken om 'n koninkryksdissipel te wees -- 'n gelowige in Christus wat deelneem aan die proses van geestelike ontwikkeling ten einde toenemend te leer hoe om te leef onder Jesus Christus se heerskappy. Sal jy die roepstem beantwoord?

More

Ons wil LifeWay Groups bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: https://www.lifeway.com/en/product-family/kingdom-disciples?vid=kingdomdisciples