Koninkryksdissipels met Tony EvansVoorbeeld
'n Diepe Intimiteit
Om iemand intiem te ken, behels meer as om net van die persoon te weet. Om iemand werklik intiem te ken, behels betrokkenheid, interaksie en 'n begrip wat bo en behalwe verstandelike begrip strek.
Het jy al ooit 'n paartjie gesien wat al vir vier of vyf dekades getroud is? Hulle kan mekaar se sinne voltooi. Of dink aan twee dansers. Hulle bring ure, dae, weke en maande deur om saam te oefen sodat hulle mekaar se bewegings en gemoedere kan lees deur net naby mekaar te wees. Hulle kan nie net die volgende treë voorspel nie, maar weet ook hoe om die beste in hulle dansmaats na vore te bring.
Die beste agterlynspelers in rugby is dié wat so nou saam geoefen het dat hulle mekaar se bewegings kan voorspel deur effens van posisie te verander of op te let hoe die ander een stelling inneem. Met die skare wat skree en spanning wat hoogty vier, het hierdie agterlynspelers nie tyd om met mekaar te praat om uit te vind wat die ander dink nie.
Wanneer Jesus in Johannes 15 vir ons leer om as sy dissipels in Hom te bly, dring Hy by ons aan om 'n ervarings-gerigte verbintenis met Hom aan te gaan. As sy dissipels moet ons Jesus so diep, volkome, aanhoudend en doelgerig ken, dat elke beweging in pas met Syne in 'n onbeplande beweging van verbintenis is. Dit is wat dit beteken om Christus te kén. Dis meer as om net mét Hom of óór Hom te praat. Dis 'n begin, maar 'n intieme vennootskap is selfs baie dieper en net 'n intieme vennootskap kan tot 'n produktiewe, vrugdraende lewe as 'n dissipel lei.
Neem as voorbeeld: geen vrou kan swanger raak deur 'n bespreking oor seks met haar man om die ontbyttafel nie. Ja, sy kan elke liewe dag daaroor met haar man gesels en hy kan selfs 'n paar goeie punte opper. In werklikheid kan hulle vir jare daaroor praat. Die tydperk wat hulle daaroor praat maak geen verskil nie, want die vrou gaan nooit swanger raak as gevolg van 'n gesprek oor seks of haar kennis van seks nie. Daar moet 'n gepaardgaande vlak van intimiteit wees, 'n ervarings-gebaseerde kennismaking sodat nuwe lewe voortgebring kan word.
Om "in Christus te bly" roep ons op dieselfde wyse tot 'n diepte van intimiteit as sy dissipels wat Jesus deur die loot en wingerdstok geïllustreer het. Hierdie verhoudings-verbintenis met Christus en die vrugte wat dit dra, is die hoekstene van 'n koninkryksdissipel.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Koninkryksdissipels vra gelowiges en kerke om terug te keer na ons allergrootste belang om dissipels te wees en van ander dissipels te maak. Slegs wanneer ons hierdie verantwoordelikheid ernstig opneem, sal die wêreld hemelse werke op aarde sien. Tony Evans onderrig ons in wat dit beteken om 'n koninkryksdissipel te wees -- 'n gelowige in Christus wat deelneem aan die proses van geestelike ontwikkeling ten einde toenemend te leer hoe om te leef onder Jesus Christus se heerskappy. Sal jy die roepstem beantwoord?
More