Koninkryksdissipels met Tony EvansVoorbeeld
Die Allergrootste Belang
Gedurende dag een het ons die verlore skakel in ons kerke bestudeer en tot die slotsom gekom dat dit dissipelskap is. Noudat ons vasgestel het wat die verlore skakel is, fokus ons ons aandag op die allergrootste belang van iemand wat die verlore skakel in besit geneem het. Dissipels van Jesus se allergrootste belang is sy koninkryk -- waar God al deur die eeue heers en regeer.
Terwyl ons die reis voorsit deur die dieptes, klowe en bergtoppe wat God se koninkryk beslaan, kom ons brei ons padkaart uit deur in meer diepte die oorkoepelende begrip van God se koninkryk te bestudeer. Die Griekse woord wat die Bybel gebruik vir koninkryk beteken “heers” of “gesag.” Wanneer ons dus verwys na 'n koninkryk, verwys ons in die eerste plek na 'n koning of heerser. Ons verwys na iemand wat in beheer is.
As daar 'n heerser is, moet daar dan ook onderdane wees. Verder sluit 'n koninkryk ook 'n ryk in — 'n gebied waaroor die koning heers. Ten laaste, as daar 'n heerser, onderdane en 'n ryk is, moet daar ook koninklike regulasies wees — riglyne wat die verhouding tussen die heerser en onderdane bepaal. Dit is noodsaaklik sodat die onderdane weet of wat hulle doen in ooreenstemming is met wat die heerser van hulle verwag.
God se koninkryk sluit al hierdie elemente in. Hy is die onbetwisbare Heerser van sy ryk, wat die hele skepping insluit. God is in beheer van alles waaroor Hy heers — selfs as dit nie altyd so lyk nie. Selfs wanneer dit lyk of die lewe buite beheer is, is God in beheer.
God se koninkryk het ook onderdane. In Kolossense 1:13 staan daar geskryf dat elkeen wat die Here Jesus Christus vertrou as verlosser, weggeruk word uit die koninkryk van duisternis na die koninkryk van lig. As jy in Jesus Christus glo, het jou bondgenootskap verander.
Om jou lewe ten volle te leef en om alles te bereik en ervaar waarvoor God jou geskape het, moet jy God en sy koninkryk eerste stel. God se heerskappy is nie een van vele nie. God kan nie tweede wees nie, Hy moet eerste wees. Die probleem vir die meeste van ons is dat God maar net in die omgewing van ons lewens is; Hy is nie eerste in ons lewens nie.
Mense vertel my dikwels dat hulle net nie genoeg tyd vir God het nie. Wat hulle eintlik sê is dat God nie die eerste plek in hulle lewens het nie, want mense maak altyd plek vir dit wat vir hulle die belangrikste is. Ons het altyd genoeg tyd vir dit wat ons in ons lewens prioritiseer. 'n Gebrek aan dissipelskap is nie die gevolg van 'n gebrek aan tyd nie. 'n Gebrek aan dissipelskap is as gevolg van 'n onvermoë om ons tyd te prioritiseer.
Deur nie God se koninkryk as ons allergrootste belang op te soek nie, lei tot 'n afgewaterde ervaring van God. Die heerskappy, seëninge, leiding en voorsiening van die hemel kan verwesenlik word slegs as die standaarde van God se koninkryk deur sy dissipels geprioritiseer word. God maak dit regdeur die Woord baie duidelik dat sy regmatige plek in ons lewens heel eerste is. Die koninkryk is 'n dissipel se allergrootste belang.
Aangaande hierdie leesplan
Koninkryksdissipels vra gelowiges en kerke om terug te keer na ons allergrootste belang om dissipels te wees en van ander dissipels te maak. Slegs wanneer ons hierdie verantwoordelikheid ernstig opneem, sal die wêreld hemelse werke op aarde sien. Tony Evans onderrig ons in wat dit beteken om 'n koninkryksdissipel te wees -- 'n gelowige in Christus wat deelneem aan die proses van geestelike ontwikkeling ten einde toenemend te leer hoe om te leef onder Jesus Christus se heerskappy. Sal jy die roepstem beantwoord?
More