Goddelike Karakter — VerbintenisVoorbeeld

Godly Character - Konnect

DAG 4 VAN 8

'n Goddelike karakter is eerlik.

Wanneer jy jok, is dit nie net afskuwelik vir God nie, dit is ook afskuwelik vir ander mense. Dink aan 'n tyd toe iemand vir jou gejok het of oor jou gejok het. Dit maak seer en dit laat jou hartseer, kwaad en sleg voel! Wanneer jy in die versoeking kom om oor iemand te jok of jy hoor iemand wat jok oor ander, wys jou eerlike, Goddelike karakter deur vir die waarheid standpunt in te neem!

Dans 'n Bybel Boogie om jou te help om Spreuke 12:22 te onthou en kyk na die video van Vers-Bewegings sodat jy dit met jou vriende kan deel!

Bybel Boogie

  1. Speel 'n lekker dansliedjie.
  2. Sing Spreuke 12:22 op die maat van die musiek.
  3. Dink danspassies uit wat wys wat Spreuke 12:22 sê.
  4. Leer jou liedjie en dansie oor Spreuke 12:22 vir jou gesin.

Vertel vir Iemand: Hoekom dink jy verafsku God lippe wat leuens vertel?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Godly Character - Konnect

Watter soort mens is jy aan die binnekant? Volg vir Jesus en laat God se Heilige Gees toe om jou te verander. Laat jou karakter toe om 'n lig op God se liefde te skyn sodat ander kan sien hoe Jesus is! Vir ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip kry van elke dag se leesstuk en vrae as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om met hulle te speel, om hulle te help met memorisering van verse. Jy kan toesig hou oor die gebruik van die materiaal.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church