Goddelike Karakter — VerbintenisVoorbeeld
'n Goddelike karakter is eerlik.
Moenie oor lawwe dinge jok nie, soos om nie 'n deurmekaarspul op te ruim nie, om nie jou tande te borsel of die seep in die stort op te tel nie. Moet ook nie jok oor groot dinge, soos om af te skryf of te steel nie. Selfs as niemand anders weet nie, weet God altyd, net soos Hy geweet het toe Ananias en Saffira gejok het. Jou liggaam mag dalk nie sterf soos hulle s'n nie, maar die vertroue wat ander in jou het, sterf wanneer hulle uitvind dat jy oneerlik was.
Vertel vir Iemand: Hoekom is dit verkeerd om met ander oneerlik te wees?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Watter soort mens is jy aan die binnekant? Volg vir Jesus en laat God se Heilige Gees toe om jou te verander. Laat jou karakter toe om 'n lig op God se liefde te skyn sodat ander kan sien hoe Jesus is! Vir ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip kry van elke dag se leesstuk en vrae as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om met hulle te speel, om hulle te help met memorisering van verse. Jy kan toesig hou oor die gebruik van die materiaal.
More