Goddelike Karakter — VerbintenisVoorbeeld

Godly Character - Konnect

DAG 2 VAN 8

Die Heilige Gees van God gee ons 'n Goddelike karakter.

Wanneer jy kies om vir Jesus te volg en jy begin jou tyd daarin belê om 'n vriendskap met God te ontwikkel, verander jou karakter. Hoe kan jy egter weet of jy regtig meer soos Jesus optree? Kyk of die vrug van die Heilige Gees in jou lewe is! As jy begin om liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing uit te leef, groei jou karakter in Goddelikheid!

Speel Soek die Bybelvers om jou te help om Galasiërs 5:22-23 te onthou en kyk na video van Vers-Bewegings sodat jy dit met jou vriende kan deel!

Soek die Bybelvers

  1. Skryf die hele Galasiërs 5:22-23 op vyf verskillende stukke papier.
  2. Frommel die papiere in balle op.
  3. Vra iemand om die balle oral in die huis weg te steek.
  4. Kyk hoe vinnig jy al vyf die kopieë van Galasiërs 5:22-23 kan kry!

 

Vertel vir Iemand: Lees elke vrug van die Gees hardop en praat oor wat jy dink elkeen van hulle beteken.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Godly Character - Konnect

Watter soort mens is jy aan die binnekant? Volg vir Jesus en laat God se Heilige Gees toe om jou te verander. Laat jou karakter toe om 'n lig op God se liefde te skyn sodat ander kan sien hoe Jesus is! Vir ouers: Jou kind sal 'n dieper begrip kry van elke dag se leesstuk en vrae as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in om met hulle te speel, om hulle te help met memorisering van verse. Jy kan toesig hou oor die gebruik van die materiaal.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church