BidVoorbeeld

Gebed kan 'n kontaksport wees. Josua het sy klere geskeur, met sy gesig op die grond gelê en stof op sy kop gegooi om sy nood aan God te wys. Wat jy ook al vandag in gebed na God toe wil bring, probeer iets anders — lê op jou gesig terwyl jy bid. Bly dan daar vir 'n ruk en luister.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die beste manier om in jou gebedslewe te laat groei, is om te leer uit ander se gebede. Hierdie leesplan laat ons luister na helde uit die Bybel se gebede in verskillende situasies en vir verskillende doelwitte. Die leesplan is ontwerp om saam met die boodskapreeks "Pray", deur Craig Groeschel, gelees te word. (Jy kan aanlyn by life.church daarna kyk). Moenie alleen bid nie, bestudeer hierdie inhoud saam met jou kleingroep.
More
Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church