MigaVoorbeeld
Lees: Miga 1:2-7; 2 Konings 17:7-13
SOAP: Miga 1:2-3
Verdere leeswerk: 2 Kronieke 29
Ek kan my voorstel hoe Miga uitroep: “Luister, gee aandag! Die Here kom om teen julle te getuig.” Dis asof Israel verhoor word en die aanklaer het al hulle oortredings onthou. Die verse in 2 Konings 17 verstrek vir ons die redes waarom Israel in ballingskap geneem was en Miga sit in besonderhede uiteen hoe hulle ander gode gevrees het, afgode gedien en goddelose dinge gedoen het ... die lys hou aan en aan.
Die Israeliete het elke reël wat God vir hulle gegee het, oortree en op die verskriklikste maniere gesondig. En tog herinner vers 13 ons hoe God Israel en Juda oor en oor “deur elke profeet en siener” gewaarsku het: “Bekeer julle van julle verkeerde paaie. Kom my gebooie en voorskrifte na.” Miga was een van daardie profete wat na Juda toe gestuur was om hulle teen die naderende oordeel van God te waarsku.
Hierdie verse herinner ons so mooi daaraan dat die Here genadig is. Ons lys van sondes mag dalk net so lank soos die sondes van die mense van Israel en Juda wees. Tog het Hy hulle geleenthede gegee om hulle te bekeer, net soos wat Hy elke oggend vir ons nuwe genade aanbied. Kom, laat ons ophou om die geleenthede wat God vir ons gee, te verkwis en begin om volgens sy Woord te lewe
Hemelse Vader, vergewe my sonde. Dankie dat al my sondes in Christus vergewe is. Dankie vir u genade en goedheid. In die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/