MigaVoorbeeld
Lees: Miga 1:1-2; 2 Kronieke 27:1-2; 2 Kronieke 28:1-4; 2 Kronieke 29:1-2
SOAP: 2 Kronieke 29:2
Verdere leeswerk: 2 Kronieke 27-28
Ons ontmoet die profeet Miga in vandag se verse. Hy was van Moreset, naby Gat, omtrent veertig kilometer suidwes van Jerusalem afkomstig. Miga het sosiale geregtigheid geprofeteer in ‘n tyd toe die ryk mense klein plasies opgekoop het en daardeur die armes verontreg het. Soos die ander profete voor hom, het hy ook die sonde van die volk uitgewys en hulle opgeroep tot bekering.
Miga was ‘n profeet gedurende die bewind van Jotam (750–735), Agas (735–715), en Hiskia (715–686). Ons sien vandag drie baie verskillende konings wat drie soorte gelowiges verteenwoordig.
Koning Jotam was nie ‘n baie slegte koning nie, maar hy het hom nie volkome aan God onderwerp nie en hy het nie ‘n einde gemaak aan die afgodediens van die volk nie en hulle het steeds met hul korrupte praktyke voortgegaan. Koning Agas was openlik teen God en koning Hiskia het God opreg liefgehad.
Watter soort Christen is jy? Is jy ten volle daaraan toegewy om God en sy opdragte te volg, soos koning Hiskia? Leef jy volgens die wêreld, soos koning Agas? Of is jy iewers tussenin en hou jy, soos koning Jotam, vir God eenkant en onthou net met eredienste en spesiale geleenthede van Hom? Ek wens ek kon sê dat ek 100% soos koning Hiskia leef, maar ek moet erken dat ek meer dikwels soos Jotam is.
Dierbare God, help my om ‘n lewe ten volle toegewyd aan U te leef. Help my om ‘n toegewyde vrou te wees met ‘n hart wat U volkome liefhet. In die Naam van Jesus, amen.
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/