Herken God se stemVoorbeeld

Herken God se stem

DAG 7 VAN 7

Maar moenie my glo nie. Ons gaan na God se Woord vir instruksies. In die storie van die patriarg, Abraham, vind ons beide die waarde van en die gunstige resultate as gevolg daarvan om te beplan om te gehoorsaam. 

Lees Genesis 22:2 – 18

Die offer-rituele van die Ou Testament was ’n tydsame proses. Daar was baie detail, wat baie tyd in beslag geneem het, om nie eens te praat van morsig nie (slagtery en afkap van ledemate). Die opsomming van Abraham se aktiwiteit in vers 3, buiten die emosionele implikasie van vers twee, laat die hele ding egter nogal maklik klink. 

Tog was die taak wat Yahweh aan Abraham gegee het, nie ’n geringe taak nie. Abraham sou nie die taak kon deurvoer as hy sou staatmaak op ’n spontane besluit, op die ingewing van die oomblik nie. Die taak was te groot, te presies uitgewerk om sonder voldoende voorbereiding, strategie, voorneme, verantwoordbaarheid en aandag aan detail uitgevoer te word. Elkeen van hierdie aspekte word vereis om God se wil volledig uit te voer. 

Oorweeg die volgende soos dit verband hou met Abraham se plan vir gehoorsaamheid:

1. VOORBEREIDING EN STRATEGIE: Die reis na die berg Moria in Jerusalem het drie dae geneem (sien Genesis 22:4). Dit beteken voorrade moes voor die tyd bymekaargemaak word om oornag te kampeer. Rantsoene vir kos en drank moes gereed gemaak word vir die reis na die plek waar die offer gebring moes word.

2. VERANTWOORDBAARHEID: Abraham se keuse om twee diensknegte saam te neem, kon dalk wees as hulp om genoeg hout aan te dra om ’n altaar te bou. Maar dalk het hy hulle saamgebring om by hom by te staan in hierdie uiters moeilike taak.

3. BEDOELING EN TOEWYDING: Saam met die hout, was daar ook gloeiende kole wat in klein klei-houers saamgedra is en geduldig aan die brand gehou is totdat die vuur benodig is.

Hy het niks aan die genade oorgelaat nie. Hy het nie bloot gehoop om God se instruksies uit te voer nie. Hy het maatreëls in plek gehad om seker te maak. Abraham se plan het hom in ’n posisie geplaas om te hoor wat God volgende gaan doen of sê.

Dit is dalk nie soos ons verkies dat ons gehoorsaamheid moet lyk nie. Maar dit is hoe gehoorsaamheid lyk. Toe Abraham sy vertroue in God uitgeleef het deur planne te maak om gehoorsaam te wees, is sy geloof beloon met die bonatuurlike verskyning van ’n plaasvervanger-dier vir die offer van sy seun en die gevolglike redding van Isak.

Wat van jou? Wat van my?

Gaan ons, soos Abraham, voorbereid wees om aan God gehoorsaam te wees?

Om meer te leer oor hoe om God se stem te herken, gaan na LifeWay.com/DiscerningTheVoiceofGod. Jy kan hier ook video’s en ander hulpbronne van Priscilla Shirer kry.

GENESIS 22:2 – 18

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Herken God se stem

Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.

More

Ons wil graag LifeWay Women bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lifeway.com/DiscerningTheVoiceOfGod