Herken God se stemVoorbeeld

Herken God se stem

DAG 4 VAN 7

Op die ou end plaas oorgawe ons direk binne die wil van God en bied dit aan ons die geleentheid om die allerbeste te ervaar van wat God vir ons in gedagte het.

Oorgawe. Dit is die sleutel. Oriënteer jouself in ’n posisie van oorgawe. Dan sal die deur oopswaai sodat jy sy stem kan hoor en sodat sy wil waar kan word. Die Here sê in Ps. 32:8 die volgende vir dié wat uit eie keuse hul wil aan Hom oorgee: “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.” 

Hou dus vandag hierdie sleutel in jou hand. Verbeel jouself God se leiding en wil vir jou lewe as ’n groot, ryklik versierde sleutel in jou hand. Dit lê oor die lengte van jou palm, die een punt bo-oor jou vingers en die ander punt verby jou pols. Jy het nog nooit in jou lewe so iets gesien nie. Dit is hoe jy weet dat dit iets kan ontsluit wat jy nog nooit ervaar het nie. Hierdie sleutel is die moeite werd. Dit is so uniek soos jou vingerafdrukke. En dit is joune. Dit is God se spesifieke taak en roeping vir jou.

Maak nou en hier die verbintenis om hierdie sleutel te gebruik. Ek belowe jou Hy sal in hierdie studie en in die toekoms vir jou die geleentheid gee om dit te gebruik. Kies nou, voor jy enigiets anders doen, om hierdie sleutel te ontvang en die voorreg om dit te gebruik, ernstig op te neem.

Ek weet dit gaan moed en deursettingsvermoë van jou verg. Selfs sonder dat jy ten volle verstaan wat Hy van jou vra of waar Hy van jou kan verwag om dit te gebruik, nou of in die toekoms, maak vooraf die keuse om te sê: “Ja, Here”, gerus in die wete dat hierdie sleutel van gehoorsaamheid elke goeie en perfekte gawe sal ontsluit wat die Vader vir jou in gedagte het.

Dink terug aan die dinge wat jou daarvan weerhou om jouself ten volle aan God oor te gee in elke aspek van jou lewe. Offer elkeen aan God.

Wees dan dapper genoeg om God toe te laat om jou verder te deursoek. Vra Hom om enige swak plekke aan jou uit te wys, wat jou keer om sy stem duidelik te hoor. Gee enige area aan Hom oor waar jy weerstand en twyfel aanvoel.

Jy maak nou ’n “sleutelbesluit”, lewensbelangrik om te ervaar wat dit beteken om met vertroue in sy wil te wandel.

PSALM 26:2

PSALM 32:8

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Herken God se stem

Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.

More

Ons wil graag LifeWay Women bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lifeway.com/DiscerningTheVoiceOfGod