Herken God se stemVoorbeeld

Herken God se stem

DAG 6 VAN 7

Ek en my drie seuns het ’n oggendroetine. Dalk doen jy dit ook, of jy nou met kleuters of tieners of selfs met jouself stoei om net in een stuk by die deur uit te kom. Vir my gesin behels ons oggendroetine tipies ’n strategiese toekenning van take vir elke persoon: bed opmaak, badkamer skoonmaak, skottelgoedwasser uitpak, vullis uitneem. Jy kry die idee.

Ek sê nie dit gebeur elke dag sonder probleme nie. Moenie my vra om hierdie skets verder te neem nie, tensy jy gewillig is om oor te kom om my te kom help met die wasgoed. Die enigste ding wat ek probeer sê, is dat ek nie hierdie lys take sommer uit my duim suig nie. Dit sal nooit werk nie. 

Weet jy hoe weet ek dit? Omdat ek dit al vantevore probeer het. En vertrou my (of sê amen saam met my) dit is ’n resep vir chaos en frustrasie.

Ten spyte van my eie neiging daartoe om spontaan en impulsief te wees, het ek lank gelede geleer dat hoegenaamd niks gedurende ons oggende sonder ’n plan bereik kan word nie. Om iets op die ingewing van die oomblik te probeer doen, lei tot volkome chaos. Slegs ’n voorafbepaalde plan kan (of ten minste kan moontlik) ons oggende bymekaarhou. Kom ons stop eers hier en pas dieselfde logika toe op iets belangriker as mamma se psigiese toestand op ’n gemiddelde weekdag. Kom ons praat oor daardie sleutel waaroor ons vroeër gesels het, die sleutel van oorgee en gehoorsaamheid wat daartoe lei dat ons God sal kan hoor en wat ons in staat stel om te leef met die suiwer bevrediging daarvan om sy wil te doen. Is daar iets belangriker as dit?

Niks? Nou wat is dan jou plan om dit te bereik?

Ons gaan nie ligtelik om met dinge wat ons as belangrik in ons lewens beskou nie: ons gesondheid, ons aftrede, ons maandelikse kalender of afsprake. Ons stel selfs ander aan om ons te help om op koers te bly met van hierdie dinge – hulp waarvoor ons bereid is om te betaal. Wat dan van ons verbintenis om geestelik op koers te bly met die God van die heelal en met hoe Hy ons harte wil rig? As ons nie ’n bewustelike, strategiese aksieplan kan uitwerk om Hom te volg nie, los ons dit eintlik net in die lug, vatbaar vir die wispelturigheid van ons omstandighede en emosies. Daar is bloot te veel ewigdurende skatte op die spel om so daarmee om te gaan. 

PSALM 105:4

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Herken God se stem

Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.

More

Ons wil graag LifeWay Women bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lifeway.com/DiscerningTheVoiceOfGod