Herken God se stemVoorbeeld
Gehoorsaamheid kan ’n intimiderende woord wees. Afhangende van hoe ons grootgemaak is en van ander invloede vroeg in ons lewens, ontlok dit verskillende emosies by ons. Vir sommige laat dit dink aan harde, skynbaar betekenislose reëls en regulasies wat ons wil versmoor en nie aan ons lewe gee of ons vervul nie. Vir ander sal dit voel asof dit niks inhou van intimiteit en verhoudings nie, meer soos iets wat ons laat voel ons is net nooit goed genoeg en voldoen nooit aan verwagtings nie. En vir selfs meer van ons voel dit na ’n bedreiging vir ons ingebore begeerte na onafhanklikheid. Dit skuur teen die materiaal van ons selfbeskikking en outonomiteit.
Gehoorsaamheid, oftewel die soort wat ons goeie, liefdevolle, almagtige God van ons vereis, is nie wetties en sonder liefde nie. Alhoewel dit die nodige grense stel en vereistes vir ons inhou, soos in Matt. 16:24: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.” Elke instruksie wat Hy ons gee, is gebore uit die liefde in sy hart vir ons en sy begeerte om ons te stuur na sy beste vir ons lewens. Gehoorsaamheid is nie ’n nee nie; dit is inderwaarheid sy beste ja. Dit swem in ’n see van genade en lei ons na vryheid, heelheid en gesondheid. Dit maak ons oop vir sy onbeperkte seën en oorvloed.
Die ironie van gehoorsaamheid is soos ’n delikate dans van vertroue. Dit vereis dalk ware opoffering van ons, terwyl dit ons tog lei na seën en onvergelykbare oorvloed.
- Dit bind ons terwyl dit ons gelyktydig losmaak.
- Dit hou ons styf vas terwyl dit ons terselfdertyd laat gaan.
- Dit verander ons van koers om ons te verkwik en te vernuwe.
- Dit beheer ons terwyl dit ons terselfdertyd vrymaak.
- Dit beperk ons terwyl dit ons oopmaak vir enige moontlikheid.
Sonder ons keuse om oor te gee aan bogenoemde, kan ons nie die voordele van die tweede helftes van die sinne ervaar nie, voordele wat vir ons so belangrik is en soveel ongelooflike beloftes vir ons inhou, dat ons dit kwalik kan bekostig om dit aan die voorsienigheid oor te laat. Ons moet beplan en doelgerig strategie uitwerk om dit na te volg, om gehoorsaam te wees. As ons dit oorlaat aan die vlees se neiging tot rebellie, sal ons in ’n permanente toestand van weerstand teen God en sy wil leef.
Maar as ons (letterlik) beplan om gehoorsaam te wees, plaas ons onsself in ’n posisie om enige dag van die week te hoor wat God wil hê ons volgende moet doen en Hy sal ons seën met die bonatuurlike vreugde wat dit inhou om Hom te volg.
MATTHEUS 16:24
JOHANNES 13:17
Aangaande hierdie leesplan
Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.
More
Ons wil graag LifeWay Women bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lifeway.com/DiscerningTheVoiceOfGod