Herken God se stemVoorbeeld
Ek wil jou gerusstel dat ek weet hoe moeilik volkome oorgawe kan wees. As ’n vrou met ’n hart wat, ten spyte van die Gees wat in my woon, so hard en apaties kan wees, weet ek hoe dit voel. Toe ek dus na my Twitter-familie uitgereik het en hulle gevra het om die gewone verdagtes te identifiseer wat ons daarvan weerhou om aan God oor te gee, het ek baie van hul reaksies herken. Dinge soos vrees, trots, luiheid, ongeduld met God se tydsberekening, ons besige lewens, ons persoonlike ambisie of ’n bekommernis dat ons God verkeerd hoor.
Wanneer ons nou in oorgawe gaan begin met hierdie studie oor hoe om God se stem te hoor (dalk vir die eerste keer) gaan ons hierdie diewe agterlaat. Hulle het nou lank genoeg ons aandag afgelei en ons op die verkeerde pad gelei. Ons wil God nou duidelik hoor.
Kyk na Jesus se sentimente in Johannes 5:30 en let op waarna hy gesoek het en waarna hy nie gesoek het nie.
Dis duidelik dat Jesus nie die feit dat Hy sy eie wil het, ignoreer het nie. Tog was Hy daartoe verbind om sy Vader se wil bo syne te stel en Hom te eer. Hy het die stem van die Vader duideliker gehoor as enigiemand anders op aarde. Die kenmerkendste eienskap van sy lewe was dat Hy altyd gereed was om te gehoorsaam. Hy was altyd nederig en beskikbaar om te gaan wat God se wil Hom lei en dit was vir hom baie belangriker as sy eie ambisies en begeertes as mens op aarde.
Ek en jy het ook ons eie wil. En dit is goed so. Ons hoef nie te maak asof dit nie bestaan nie. Ons probleem kom wanneer ons nie ons eie wil oorgee aan die Vader se superieure wil nie. Sy perfekte wil. Sy alwetende wil. Sy goeie wil. Sy “as jy maar net weet wat Ek in jou kan doen, sal jy nooit vir ’n oomblik aan my twyfel nie”-wil.
Die meeste van ons is bang dat ons ons hoop, ons drome en ambisie sal verloor as ons onsself geheel en al aan God se wil onderwerp. Ons verbeel onsself ons sien al hoe ons drome vertrap word en verdwyn, om nooit waar te word nie. Om God se wil te eer, sal inderdaad aanpassings van ons vereis, maar ons sal nooit spyt wees nie. Die wil wat aan God onderwerp, word nie geblus nie, dit word net oorgegee. Dit word soos klei in die hand van die Pottebakker – sag genoeg om gevorm te word – die rou materiaal vir sy mooiste skeppings.
Ons verloor nie. Ons wen.
Op watter maniere was jy al bekommerd daaroor dat jy “jouself sal verloor” indien jy jouself volkome aan God oorgee?
JOHANNES 5:30
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.
More
Ons wil graag LifeWay Women bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lifeway.com/DiscerningTheVoiceOfGod