Herken God se stemVoorbeeld
Vandag is albei my oudste seuns baie langer as ek, beide van hulle net onder twee meter lank. Elke keer wanneer ek een van my seuns ’n drukkie wil gee, besef ek my kop rus teen sy bors en nie syne teen myne nie. Ek word daaraan herinner hoe groei ’n onvermydelike aanduider van lewe en gesondheid is.
Dieselfde is waar van ons geestelike lewens. As ons saam met God wandel en ons geestelike lewens gesond is, moet ons verwag om groei en veranderings in perspektief eenvoudig te beskou as ’n natuurlike progressie. Nou sien ek duidelik dat die beste plek om ’n studie te begin oor hoe om God se stem te hoor, is waar dit oorspronklik geëindig het.
Om God te hoor, begin daarby om onsself tot nederige gehoorsaamheid toe te wy. Ons gaan dit nie perfek regkry nie, maar ons moet dit met oorgawe doen, met ons ore gereed om God te hoor en sy stem te herken.
Ons sal waarskynlik nie van God hoor terwyl ons in ’n stryd gewikkel is tussen sy wil en ons wil nie. Ons sal dalk sukkel om een lettergreep van Goddelike dialoog te hoor, wat nog te sê van enige duidelikheid of onderskeiding van wat Hy bedoel, voordat ons eers onsself geheel en al aan Hom oorgee, ons ore gereed vir sy stem.
Die duidelike verband tussen gehoorsaamheid en om God se stem te hoor, is die sleutel tot die onderskeiding van God se wil en sy pad.
Deur nie aandag te gee aan die Gees in ons nie of deur dit te ignoreer, verdoof ons God se stem in ons binneste. Hy sal nie verder sy woorde mors op dié wat nie oorgehaal is tot gehoorsaamheid nie. Die sagte, onderdanige hart is sensitief vir God se leiding en kan ook die vreemde, alternatiewe stemme van die vyand, vrees en ego onderskei, wat ons wil mislei.
Daarom moet ek nou die moeilike vraag vra: Wil jy God en sy Woord gehoorsaam? Wil jy werklik volgens sy wil leef? Of het jy reeds besluit om jou eie weg te volg ten spyte van wat God se gees vir jou sê? Wees eerlik. (Hy ken reeds jou antwoord.) Ek daag jou uit om God toe te laat om jou hart sag te maak en om jou eie ambisie te laat vaar deur God se wil bo jou eie te stel. Dit sal ’n mors van tyd wees as ons hierdie studie saamdoen terwyl ons toelaat dat ons hardkoppige harte in die pad van God se stem staan.
Sê asseblief vir my jy gaan dit nie doen nie.
Ek gaan ook nie.
PSALM 25:14
JOHANNES 7:17
JOHANNES 14:21
Aangaande hierdie leesplan
Priscilla Shirer se 7-dagleesplan om die stem van God te onderskei, verken die oorsprong van daaglikse, duidelike kommunikasie met God – nederige gehoorsaamheid. Kom leer saam hoe totale oorgawe aan God sy seëninge aan ons ontsluit, ons binne sy wil hou en ons help om sy stem in ons alledaagse lewe te hoor.
More
Ons wil graag LifeWay Women bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lifeway.com/DiscerningTheVoiceOfGod