Wees ReinVoorbeeld
Wees lief op 'n rein manier! Wees soos God vir ander lief.
Wat beteken egte, REIN LIEFDE in elk geval? Beteken dit jy hou regtig baie van iets? Beteken dit dat iemand jou gelukkig maak? Beteken dit dat jy gaan trou? GLAD NIE! God se rein liefde beteken dat jy ander net soos Jesus sal behandel, deur te sien hoe kosbaar ander is, deur jou lewe te leef deur ander te dien, te help en te respekteer, selfs al kan hulle niks vir jou doen nie. Dit is waaroor REIN LIEFDE gaan.
Vertel vir Iemand: Wat kan ons vir mekaar doen om rein liefde te betoon?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Rein. Jy het dalk al die woord vantevore gehoor, maar wat beteken dit? Kom ons vind uit wat die Bybel daaroor sê! Vir ouers: jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in wat hulle kan speel om verse te memoriseer. Jy kan dalk oor die gebruik van materiale toesig hou.
More