Wees ReinVoorbeeld
Bly rein! Sê: "Nee!" vir sonde.
In 1 Korintiërs 10:13 wys God aan ons 'n manier om weerstand te bied as ons in die versoeking kom om te sondig. “'n Manier” beteken dit is iets wat ons kan doen in plaas daarvan om te sondig, soos om God se waarhede van die Bybel op te sê, om 'n aanbiddingslied vir God te sing, of om God te dank dat Hy ons help om rein te bly. Wanneer ons eers op die uitkyk is vir God se manier om rein te bly, kan ons sonde weerstaan en "Nee!" sê.
Speel Teken Saam om jou te help om 1 Korintiërs 10:13 te onthou, maar kyk eers na die Vers Bewegings video sodat jy dit met jou vriende kan deel!
Teken Saam
- Neem 'n stuk papier en iets om mee te teken.
- Skryf die hele 1 Korintiërs 10:13 bo-aan die papier.
- Werk saam met 'n vriend om 'n prent van 1 Korintiërs 10:13 te teken.
- Plak die prent teen die muur sodat jy dit kan onthou!
Vertel vir Iemand: As jy God se waarhede opsê as jy versoek word, sal dit maklik wees om elke keer "Nee" te sê vir sonde? Hoekom of hoekom nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Rein. Jy het dalk al die woord vantevore gehoor, maar wat beteken dit? Kom ons vind uit wat die Bybel daaroor sê! Vir ouers: jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in wat hulle kan speel om verse te memoriseer. Jy kan dalk oor die gebruik van materiale toesig hou.
More