Wees ReinVoorbeeld

Be Pure

DAG 2 VAN 8

   

Word rein! Vra vir Jesus om jou te vergewe en te verander.

Ons het almal gesondig. Ons het almal al verkeerde besluite geneem. Ons almal het ook al daaroor sleg gevoel. Om sleg te voel of om 'n klomp goeie goed te probeer doen, kan nie die feit toesmeer dat ons harte nie REIN is nie. Jesus is die enigste Een wat daarvoor kan sorg. Vra vir Jesus om vergifnis en kies om Hom te volg. Hy sal vir jou 'n nuwe, rein hart gee. As jy dit alreeds gedoen het, dank Hom dat Hy jou help om jou hart rein te hou.

Speel Wat Ontbreek? om jou te help om Psalm 51:12 AFR83 te onthou, maar kyk eers na die Vers Bewegings video sodat jy dit met jou vriende kan deel!

Wat Ontbreek?

  1. Vra jou gesin of vriende om saam met jou te speel.
  2. Lees die hele vers in Psalm 51:12 vir hulle voor.
  3. Lees dan weer Psalm 51:12, maar los 'n woord uit.
  4. Die eerste persoon wat kan raai watter woord ontbreek, is die wenner
  5. Hou aan om die speletjie te speel tot elkeen 'n kans gehad het om die vers te lees.

 

Vertel vir Iemand: Wat dink jy beteken "vernuwe my gees en maak my standvastig" in Psalm 51:12?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Be Pure

Rein. Jy het dalk al die woord vantevore gehoor, maar wat beteken dit? Kom ons vind uit wat die Bybel daaroor sê! Vir ouers: jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in wat hulle kan speel om verse te memoriseer. Jy kan dalk oor die gebruik van materiale toesig hou.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church