Wees ReinVoorbeeld
Lewe rein! Help jou vriende om "Nee!" te sê vir sonde.
God wil hê ons moet so lewe dat ons NIE ons vriende in die versoeking bring om te sondig nie. Dit beteken nie om baasspelerig te wees nie, maar dit beteken wel om vir God se waarhede in die Bybel standpunt in te neem. Wanneer jou vriende daaraan dink om verkeerde keuses te maak, vertel hulle op 'n liefdevolle manier wat die Bybel sê en probeer hulle help om "Nee" te sê vir sonde.
Speel Speelgoedtyd om Romeine 14:13 te onthou, maar kyk eers na die Vers Bewegings video sodat jy dit met jou vriende kan deel!
Speelgoedtyd
- Kry twee speelgoed.
- Maak asof die twee speelgoed met mekaar kan praat en asof hulle op 'n Bybelvasvra program is.
- Laat die speelgoed optree asof hulle Romeine 14:13 probeer onthou.
- Kies die eerste speelding wat die vers onthou om die wenner van die Bybelvasvra program te wees.
Vertel vir Iemand: Wat kan jy doen om jou vriende te help om nie te struikel en te val nie?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Rein. Jy het dalk al die woord vantevore gehoor, maar wat beteken dit? Kom ons vind uit wat die Bybel daaroor sê! Vir ouers: jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in wat hulle kan speel om verse te memoriseer. Jy kan dalk oor die gebruik van materiale toesig hou.
More