Wees ReinVoorbeeld
Lewe rein! Help jou vriende om "Nee" te sê vir sonde.
Ons is nie almal dieselfde nie en God het ons so geskep. Dit is goed, want jy kan soveel van God leer deur nuwe mense te leer ken! Verskille daag ons egter ook uit. God wil hê jy moet respek hê vir ander se behoeftes, hulle seer en versoekings, sodat jy nie die oorsaak is dat hulle struikel en in sonde verval nie!
Vertel vir Iemand: As iemand se gesin ander reëls as jou gesin het, hoekom moet jy hulle reëls respekteer en volg wanneer jy by hulle is?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Rein. Jy het dalk al die woord vantevore gehoor, maar wat beteken dit? Kom ons vind uit wat die Bybel daaroor sê! Vir ouers: jou kind sal 'n dieper begrip van elke dag se leesstuk en vrae hê as jy hierdie leesplan saam met hulle voltooi. Hierdie leesplan sluit verskeie speletjies in wat hulle kan speel om verse te memoriseer. Jy kan dalk oor die gebruik van materiale toesig hou.
More