In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld
Singende klippe
Dit is amusant om te luister na kinders se begrip van God se Goddelikheid. Alwetend, almagtig, ewig in die verlede, hede en toekoms, alomteenwoordig. "Pappa, as God almagtig is, beteken dit Hy kan enigiets doen, nê?" "Jaaa!" "Wel kan Hy dan 'n klip so groot maak dat Hy dit self nie kan optel nie?"
God is inderdaad alomteenwoordig, maar daar is sekere dinge wat Hy nie kan en sal doen nie. Hy sal nooit iemand forseer om Hom te aanbid nie. Aanbidding, soos liefde, kan nie forseer word nie. Dit moet vryelik aangebied word, anders is dit betekenisloos. Die dag toe Koning Jesus Jerusalem op donkie binnegery het, moes Hy dit terdeë geniet het toe mense Hom met lofprysing en hosannas begroet het. Daar was sekerlik geloof in Israel te vinde!
Sekere mense wou dit nie toegee nie. "'n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: Meneer, maak stil u volgelinge!' Maar hy antwoord: 'Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep'" (Lukas 19:39-40). God sál aanbid word. Hy kan die klippe laat sing as die engele uitasem raak.
Tog, Hy sal jou nie forseer nie! Gee jou hierdie Palmsondag oor aan jul nederige Dienskneg-Koning, wat vrywillig na sy dood gery het sodat Hy aan ons die lewe kon gee. Waai jul palmtakke, buig die knieë, gee julle harte onvoorwaardelik en bied Hom gehoorsaamheid, eer en die diens wat Hom toekom.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.
More
Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org