Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld
God roep jou om te glo en dan werk Hy ywerig om jou 'n persoon te maak wat werklik in geloof lewe.
Ek weet nie hoeveel jy al hieroor gedink het nie, maar geloof kom nie natuurlik vir my en jou nie. Ongeloof is in ons aard. Vrees is in ons aard. Dis menslik om al jou ervarings as basis vir jou lewe te gebruik. Dis menslik om deur al jou "wat as" gedagtes te gaan voor jy gaan slaap of as jy in die oggend wakker word. Dis menslik om jou lewe op jou gedagtes en fisiese gewaarwordinge te baseer. Om iemand anders se lewe te beny en te wonder hoekom jy nie so kan leef nie, is menslik. Dis menslik om selfs te wens dat jy koning oor mense, situasies en plekke was. Dis menslik om deur manipulasie seker te maak dat jy kry wat jy wil hê. Dis menslik om vrede op horisontale vlak te soek al is dit net op vertikale vlak te kry. Om angstig te wens vir verandering van dinge waarvoor jy nie die vermoë het nie, is menslik. Om moedeloos, ontmoedig, depressief of wanhopig te wees, is menslik. Dis menslik om jou sinne te verdoof met materiële dings soos die media, kos of ander middele. Dis menslik om jou standaarde te verlaag om jou teleurstelling te oorkom. Geloof daarenteen, kom egter nie vir ons natuurlik nie.
Deur sy genade gee God ons dus die vermoë om te kan glo. Paulus sê in Efesiërs 2:8 dat geloof "'n gawe van God is." Daar is nou niks anders nodig vir die gemiddelde sondige mens, as geloof in God nie. Ons sal sekerlik ons geloof in baie dinge plaas, maar nie in 'n God wat ons nie kan sien of hoor nie, wat sulke groot beloftes maak wat onmoontlik lyk om te hou. God gee ons krag om eers te glo, maar Hy hou nie daar op nie. Deur genade werk Hy in omstandighede, plekke en verhoudings in ons alledaagse lewe, om ons te vorm, buig en giet tot mense wat hul lewens bou op die ingrypende geloof dat Hy regtig bestaan en werklik dié beloon wat Hom waarlik soek (Hebreërs 11:6).
Die volgende keer as iets onverwags gebeur, 'n moeilike oomblik waardeur jy nie wou gaan nie, onthou dat so 'n oomblik nie 'n beeld is van 'n God wat jou vergeet het nie, maar een wat naby jou is en iets moois in jou doen. Hy wil jou red van die gedagte dat jy die lewe kan lei wat Hy vir jou beplan het en terselfdertyd op jou onvoldoende wysheid, ondervinding, geregtigheid en krag staatmaak. Hy is ook besig om jou in 'n persoon te verander wat 'n lewe lei wat deur ingrypende God-gesentreerde geloof gevorm word. Hy is die uiteindelike pottebakker en ons is sy klei. Hy sal ons nie van sy pottebakkerswiel afhaal voordat sy vingers ons nie gevorm het na húlle wat werklik glo en nie twyfel nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak nie, leer om op God se goedheid te vertrou, staat te maak op sy genade en elke dag tot sy heerlikheid te leef.
More