Nuwe Jaar, Nuwe GenadeVoorbeeld
![New Year, New Mercies](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
God roep jou om in geloof te volhard en dan, met baie groot genade, beskerm en versorg Hy jou.
Dit is 'n wonderlike bemoedigende naam vir die God wat ons dien, tog is dit moontlik om dit te sien en daarvan bewus te wees sonder om die heerlikheid daarvan te vier. In Romeine 15:5 noem Paulus die Here: "... die bron van alle standvastigheid en bemoediging." Hierdie titel dring deur tot die kern van waar jou hoop te vind is. Laat ek dit eenvoudig stel: jou hoop word nie gevind in jou bereidwilligheid en vermoë om uit te hou nie, maar in God se onwankelbare, ewigdurende toewyding om nooit met sy werk van genade op te hou nie. Jou hoop bestaan daarin dat jy verwelkom word in die gemeenskap met die Een wat sal uithou en volhard, ongeag omstandighede.
Hoekom is dit so belangrik om te verstaan? Want jou uithouvermoë is wankelbaar. Daar sal oomblikke wees wanneer jy sal vergeet wie jy is en as 'n "arm aan genade"-mens sal lewe. Daar sal tye wees wanneer jy moedeloos word en vir 'n rukkie sal ophou om die goeie dinge te doen waarvoor God jou geroep het. Daar sal klein en groot oomblikke wees wanneer jy sal wil rebelleer. Jy mag dalk nou dink: "Nie ek nie." Dink egter net weer 'n slag – wanneer jy as Christen iets leliks vir 'n ander persoon sê, doen jy dit nie omdat jy onkundig is dat dit verkeerd is nie, maar omdat jy op daardie stadium nie 'n flenter omgee oor wat verkeerd is nie.
Jy sien, volmaakte uithouvermoë vereis juis dit, volmaaktheid, en omdat nie een van ons dit al bereik het nie, moet ons buite onsself na hoop soek. Jou hoop op uithouvermoë kan nie in jou karakter of krag gevind word nie, maar in die Here se krag. Omdat Hy altyd getrou sal wees, kan jy seker wees dat Hy jou dit sal gee wat jy nodig het om ook getrou te wees. Jou uithouvermoë hang van Hom af, en Hy bepaal hoe uithouvermoë lyk! Uithouvermoë word in genade deur die God van uithouvermoë aan jou gegee om alles te wees en te doen waarvoor Hy jou geroep het van hierdie oomblik af tot die oomblik wanneer jy oorbeweeg na die ander kant toe. Wanneer moeilikhede die swakheid van jou voornemens en die beperkinge van jou krag ontbloot, hoef jy nie paniekerig te word nie, want Hy sal volhard, selfs in daardie oomblikke wanneer jy voel jy kan nie meer nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![New Year, New Mercies](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Oor die loop van die volgende 15 dae sal Paul David Tripp jou herinner aan God se genade teenoor jou – waarhede wat nooit oud word nie. Wanneer "gedragsverandering" of 'n goeie spreuk nie genoeg is om jou nuut te maak nie, leer om op God se goedheid te vertrou, staat te maak op sy genade en elke dag tot sy heerlikheid te leef.
More