7 Dae Om Rus Te VindVoorbeeld
Dit is 'n belofte: Jy sal rus vind!
Vandag het ons aan die einde gekom van ons week om rus te vind, wat gebaseer is op 'n studie van Matteus 11:28-29. Ontvang hierdie nuwe bemoediging vandag vir jou …
Jesus sê in sy Woord: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed" (sien Matteus 11:28-29).
Dit is 'n belofte: Jy sal rus vind. Dit maak nie saak watter laste jou oorlaai of die stryd wat in jou woed nie ... God het vlees geword om ons swakhede te dra. Daar is geen menslike probleem wat nie opgelos kan word nie, want God self het mens geword.
Rus bestaan uit drie dimensies. Dit moet gevind word:
- In jou: jou bekommernisse het nie langer enige mag oor jou, jou keuses of jou gesindheid nie.
- Met jou: jy is nie volmaak nie en kan nie alles alleen dra nie: God is daar om die leisels by jou te neem en jou te lei, een tree op 'n slag.
- Vir jou: wanneer jy eers weet watter vrede daar van bo af kom, kan jy jouself gemakliker in die rigting van verhoudings en omstandighede stuur wat in ooreenstemming met hierdie vrede is.
Wat neem jy met jou saam uit hierdie week waarin ons Goddelike rus verken het? Ek nooi jou uit om alles wat die Here gedurende die afgelope sewe dae aan jou geopenbaar het, neer te skryf. Onthou ... Hy is in beheer van dit alles!
Dankie dat U bestaan!
Eric Célérier
NS Dit is die laaste dag van hierdie leesplan in die Bybeltoep. Ek nooi jou uit om in te teken by "A Miracle Every Day" om voortaan daagliks bemoedigende boodskappe te ontvang. Om in te teken, klik hier! Jy sal 'n E-boek ontvang nadat jy ingeteken het.
Neem ook die vrymoedigheid om jou gedagtes oor hierdie leesplan te deel. Klik hier om dit te doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, 'Om rus te vind', is gebaseer op Jesus se woorde in Matteus 11:28-29. Jesus het belowe dat as jy na Hom toe gaan, jy rus sal vind. Die doel van hierdie boodskappe is om jou te help om ware rus te vind, of dit fisiek, verstandelik of emosioneel is. Kom ons begin hierdie reeks!
More