7 Dae Om Rus Te VindVoorbeeld
Ware rus is om God die "doenwerk" te laat doen ...
Jesus sê in sy Woord: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed" (sien Matteus 11:28-29).
Ons God is 'n oneindig vrygewige God: Hy gee en vergewe, en Hy het sy lewe vir ons opgeoffer.
Aan die kruis, het Jesus verklaar: "Dit is volbring!" (sien Johannes 19:30).
Wat 'n stelling! Alles wat Jesus op aarde moes bereik, het Hy bereik ...
- Hy het jou laste, jou pyn, jou sonde, jou lyding en jou siekte gedra.
- Hy het die voorreg om in 'n verhouding met Hom en sy Vader te wees, herstel.
- Hy het jou hoop hernu.
Luister wat koning Dawid verklaar het: "Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is" (sien Psalm 23:2).
Die meester van ons rus, is God. Hy weet hoe om ons te lei na daar waar ons siele en liggame rus kan vind.
Ja ... rus, ons ware geluk, is om naby Jesus, die goeie Herder, te wees. Ware rus is om God toe te laat om die "doenwerk" te doen.
As jy wil, kan jy nou onmiddellik saam met my bid om dit wat jou ook al oorlaai, in sy hande oor te laat … "Here Jesus, dankie dat U altyd by my is en vir my sorg. Dankie vir u vriendelike teenwoordigheid elke dag. Die situasie waarin ek tans is: [noem die situasie], gee ek ten volle aan U. Op my eie kan ek niks doen om dit te herstel nie. Here, ek vertrou op U, en gee alles aan U oor in geloof. Dankie vir u hulp en bemoediging en dat U vandag in my lewe inbeweeg. In die Naam van Jesus. Amen."
Dankie dat U bestaan!
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, 'Om rus te vind', is gebaseer op Jesus se woorde in Matteus 11:28-29. Jesus het belowe dat as jy na Hom toe gaan, jy rus sal vind. Die doel van hierdie boodskappe is om jou te help om ware rus te vind, of dit fisiek, verstandelik of emosioneel is. Kom ons begin hierdie reeks!
More