7 Dae Om Rus Te VindVoorbeeld
Weet jy wat die swaarste las van alles is?
Jesus sê in sy Woord: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed" (sien Matteus 11:28-29).
As jy dit kon weeg, hoe swaar sou jou las weeg?
- Hoeveel kilogram sou hierdie siekte wees?
- Hierdie verdeeldheid in jou gesin?
- Hierdie finansiële situasie wat op jou skouers lê en dreig om jou te vermorsel?
Daar is goeie nuus vir jou en ek bid dat dit jou mag bemoedig om jou oë na God op te hef:"In dié tyd sal Hy die las verwyder wat hulle op julle skouers gelê het, en ook hulle juk van julle nek af; die juk sal heeltemal van julle af afgeruk word" (sien Jesaja 10:27).
Jesus het gekom om ons te verlos van alles wat ons nie hoef te dra nie: skuld, vergelykings, jaloesie en so baie ander dinge wat vermoeienis in ons lewens bring.
Jesus het gekom om ons lewe in oorvloed te gee. Hy het nie gekom met 'n belofte van 'n maklike lewe nie, maar eerder 'n lewe waar Hy langs ons stap.
Uiteindelik is die swaarste van alle laste om sonder Jesus te leef, want by Hom en deur Hom is daar vrede, blydskap, geloof en selfvertroue. Die versekering is dat jy nooit alleen is nie, want Hy is daar! Hy sien om na jou. Hy beskerm jou. Hy het jou lief.
Vandag is my gebed vir jou dat jy eenvoudig net aan hierdie belofte vashou: God is met jou, elke dag, vir altyd (sien Matteus 28:20).
Kom ons bid saam … "Here, U ken my hart, U weet hoe baie ek U liefhet. Ek weet dat U hier by my teenwoordig is, en ek wil meer van U ervaar. Ek gee U alles wat op my skouers lê, en ek wag in hoopvolle verwagting vir U. Ja, ek verwag U, Here! Dankie ... ek weet U is besig om te beweeg, want dit is U belofte in u Woord! Ek bid in u Naam. Amen."
Dankie dat U bestaan!
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, 'Om rus te vind', is gebaseer op Jesus se woorde in Matteus 11:28-29. Jesus het belowe dat as jy na Hom toe gaan, jy rus sal vind. Die doel van hierdie boodskappe is om jou te help om ware rus te vind, of dit fisiek, verstandelik of emosioneel is. Kom ons begin hierdie reeks!
More