7 Dae Om Rus Te VindVoorbeeld
Daar is 'n kuur vir vermoeienis...
Jesus het gesê, en dit is opgeteken in sy Woord: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed" (sien Matteus 11:28-29).
Daar is vir jou 'n kuur vir vermoeienis, en hierdie geneesmiddel word gevind in die Een wat nooit vermoeid is nie.
Jesus se woorde in Matteus 11 is 'n uitnodiging om te kom net soos jy is. 'n Uitnodiging om rus naby aan God te ontvang.
Luister wat die Bybel ons van God vertel: "Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie" (sien Jesaja 40:28-29).
Ja, Hy is almagtig, ewig, oneindig, onmeetbaar groot. Jy kan vandag alles wat jy nodig het in Hom vind ... daar is geen bekommernis wat jy het waarvoor Hy nie 'n oplossing het nie. Vertrou Hom met jou vermoeienis, en in ruil daarvoor, vat alles van Hom ... sy goedheid, sy geduld, sy krag, sy kreatiwiteit, sy mag.
Vandag nooi ek jou om iets te doen: skryf alles neer wat jou uitput ... fisiek, verstandelik of emosioneel. Skryf dan langs elkeen alles wat God voorsien wat jou kan help om hierdie uitputting in die gesig te staar! Put vandag jou krag uit Hom, en laat Hom toe om die oorvloedige hulpbronne wat Hy vir jou voorberei het, oor jou uit te stort!
Dankie dat U bestaan!
Eric Célérier
NS Die tekste in hierdie oordenking is afkomstig uit die daaglikse e-pos A Miracle Every Day. As jy elke dag so 'n e-pos wil ontvang, nooi ek jou uit om in te teken by A Miracle Every Day . As jy inteken, ontvang jy 'n E-boek!
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, 'Om rus te vind', is gebaseer op Jesus se woorde in Matteus 11:28-29. Jesus het belowe dat as jy na Hom toe gaan, jy rus sal vind. Die doel van hierdie boodskappe is om jou te help om ware rus te vind, of dit fisiek, verstandelik of emosioneel is. Kom ons begin hierdie reeks!
More