7 Dae Om Rus Te VindVoorbeeld

7 Days Of Finding Rest

DAG 5 VAN 7

Laat die beste onderwyser in die wêreld jou onderrig!

Jesus sê in sy Woord: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed" (sien Matteus 11:28-29).

Gun my om jou hierdie vraag te vra: as jy ernstig siek is, na wie toe sal jy gaan? Sal jy tevrede wees om sommer enige dokter te besoek, of sal jy die beste dokter uitsoek wat spesialiseer op die gebied waarin jy hulp nodig het?

Ek is seker dat ons almal na iemand sou wou gaan wat uitblink in wat hy/sy doen ... niemand onder ons sou ons gesondheid wou toevertrou aan iemand wat nie sy/haar alles sou gee of wat die nodige ervaring kortkom nie.

Wat van ons geloof? Om blywend te wees, het geloof aanhoudende onderrig nodig, en die veiligste bron van lering kom van Jesus, die Leermeester self. Hy verlang om ons in alle dinge, deur sy liefde te onderrig: "Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou" (sien Psalm 32:8).

Wat moet Hy ons dus leer? Petrus, wat die wese van Jesus se lering verstaan het, sê: "... Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee" (sien Johannes 6:68).

Dit is wat die Here jou op hierdie oomblik wil leer …

  • Rus is om te weet hoe om op te hou.
  • Dis om op te hou om geïrriteerd te wees met 'n gesukkel.
  • Dit is om vry te stel, om te laat gaan. 

Rus by Jesus se voete soos Maria, en kies die goeie deel: Laat toe dat jy onderrig word deur die Een wat die woorde van die ewige lewe het.

Vandag moedig ek jou aan om in te gaan in die geheime plek, in jou kamer, en jou las aan sy voete neer te lê. Dan, wanneer jy uitgaan, los jou probleem in jou kamer by Jesus. Sê vir Hom ... nou is dit U wat daarvoor sorg! 

Dankie dat U bestaan!

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Days Of Finding Rest

Hierdie leesplan, 'Om rus te vind', is gebaseer op Jesus se woorde in Matteus 11:28-29. Jesus het belowe dat as jy na Hom toe gaan, jy rus sal vind. Die doel van hierdie boodskappe is om jou te help om ware rus te vind, of dit fisiek, verstandelik of emosioneel is. Kom ons begin hierdie reeks!

More

Ons wil graag Jesus.net bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/miracle-jesusnet-findingrest/