7 Dae Om Rus Te VindVoorbeeld
Jesus se sagmoedigheid lig jou op
Jesus sê in sy Woord: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle sal rus kry vir julle gemoed" (sien Matteus 11:28-29).
Adolphe d'Houdetot het dit so goed gestel: "Ware nederigheid bly nooit onbekend nie; dit is soos 'n lente blom, versteek tussen die gras, wat sy geur ver en wyd vrystel."
Nederigheid is die siel se ware skoonheid. Nederigheid en sagmoedigheid maak nie 'n dramatiese binnekoms nie. Hul maak dit moontlik om rus te vind ... in teenstelling met woede en trots, wat die siel uitput.
Die beste leermeester van nederigheid en sagmoedigheid is die Een wat hierdie eienskappe lewend verpersoonlik. Dit is wat God van Jesus sê: "Hier is my dienaar, Ek stel hom aan, Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns. Ek laat my Gees op Hom kom, hy sal my wil aan die nasies bekend maak. Hy sal nie roep nie, hy sal nie hard skree nie, hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie. 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is" (Jesaja 42:1-3).
Jesus sal nie hard skree nie ... Hy probeer nie Homself hoorbaar maak deur middel van geweld nie. Hy is sagmoedig.
Jesus breek jou nie. Inteendeel, Hy herstel jou; Hy herstel jou siel. Die lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie ... en as al wat jy vandag oor het 'n hart is wat nog klop, dan is daar nog steeds hoop vir jou. God kan altyd iets moois met jou doen.
Vandag lig Hy jou op en herstel jou, met sagmoedigheid. Die straf vir jou vrede was op Hom ... jy hoef nie verder bang te wees nie.
Dankie dat U bestaan!
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan, 'Om rus te vind', is gebaseer op Jesus se woorde in Matteus 11:28-29. Jesus het belowe dat as jy na Hom toe gaan, jy rus sal vind. Die doel van hierdie boodskappe is om jou te help om ware rus te vind, of dit fisiek, verstandelik of emosioneel is. Kom ons begin hierdie reeks!
More