Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WOEDE
Woede is nie altyd verkeerd nie, maar hoe ons dan optree kan bepaal of ons sondig of regverdig lewe. Ons behoort kwaad te word vir gedrag wat goddeloosheid, onregverdigheid, ongeregtigheid en diskriminasie openbaar. Hierdie dinge maak God ook kwaad.
Jou woede kan egter sonde wees as jy kwaad word omdat iemand jou trots, selfvergenoegdheid, status, prestige of mag aangetas het. Woede openbaar homself dikwels as wreedheid, bitterheid, ongevoeligheid en 'n gebrek aan selfbeheersing en daarom kan dit as sonde geklassifiseer word.
Ons moet ons harte ondersoek as ons kinders ons kwaad maak. As jou woede geregverdig is, tree dan op teenoor jou kind se gedrag en laat hom die gevolge dra. Sonde moet aangespreek word. Ons eer God as ons die gevolge met empatie en in liefde oordra. As jou woede jou laat sondig, bid dan dat jy dapper genoeg sal wees om dit te bely, berou te toon en deur dit te werk.
Ondersoek jou woede om jou motiewe te bepaal.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com