Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 67 VAN 280

'N OFFER

Ons verwonder ons oor Abraham se gehoorsaamheid ten spyte van die hoë prys. Baie van ons is ook gewillig om ons kinders te offer — nie op 'n altaar nie — maar aan die verwagtinge van die wêreld. Hierdie offer het nie 'n mes nodig nie, maar vind elke dag deur middel van subtiele kompromieë plaas. Oorvol programme wat geen tyd toelaat vir verhoudings nie. Boodskappe aan kinders waar waarde geheg word aan hulle suksesse. Kinders wat gedruk word om te presteer, omdat ons dink hulle weerspieël wie ons is. Ons gebruik ons geld en tyd om mag, skoonheid en roem na te jaag.

Ons word oorval met vals boodskappe wat ons en ons kinders se waarde aan wêreldse standaarde meet. Net soos in Abraham se geval roep God ons om hierdie offer te stop. Ons moet egter verby die tydelike kyk en ons oë op die ewige vestig. Ons moet die Skepper aanbid in plaas van die skepping.

Dra jou kinders aan God op en bring tyd deur om te ontdek wat sy plan vir hulle lewens is.
Dag 66Dag 68

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com