Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 70 VAN 280

RUS IS NODIG

Christus het die dissipels twee-twee uitgestuur op hulle eerste sendingtog, om die koninkryk van God te verkondig, duiwels uit te dryf en siek mense gesond te maak. Hulle was baie suksesvol en het daarvan vertel toe hulle teruggekeer het. Die mense in die omgewing was ook bewus van die sukses wat die dissipels behaal het, daarom was hulle in aanvraag, soveel so dat hulle skaars tyd gehad het om te eet!

Stel jou die gevoel voor — die euforie van sukses en mense wat jou aandag vereis en smeek vir 'n kort rukkie van jou tyd. Dit het seker goed gevoel om so in aanvraag te wees. Jesus het agtergekom dat dit nodig was om grense te stel, of anders sou die dissipels te gou moeg raak. Hulle het tyd nodig gehad om te rus.

Vir ons is dit nie anders nie. Jou kinders vereis elke minuut van jou tyd en dit mag dalk jou ego streel. Jy moet egter bewus wees van jou perke aangaande jou energievlakke. Jy sal vir niemand iets kan beteken as jy nie af en toe 'n ruskans kry nie.

Dit is net so belangrik vir jou kinders as vir jou, dat jy genoeg rus kry om te herlaai.
Dag 69Dag 71

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com