Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DISSIPLINE EN LIEFDE
Dit is dikwels vir 'n ouer baie moeilik om 'n kind te dissiplineer as hy verkeerd opgetree het, maar om 'n kind aan sy eie lot oor te laat is baie erger. Wanneer ek huiwerig is om my kind te dissiplineer, moet ek myself afvra: "Wat is die beste ding wat ek nou vir my kind kan doen?" Die meeste van die kere sal die antwoord wees om die kind die gevolge te laat dra wat hy verdien, sodat hy die les kan leer wat God vir hom beplan het.
'n Gepaste straf wat met empatie oorgedra word, wys dat jy jou kind liefhet en sy vrye keuse respekteer. Op dié manier sal hy algaande uit die gevolge van sy verkeerde keuses leer. Die skrywer van Hebreërs stel dit so: "Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God" (Hebreërs 12:11).

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com