Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 4 VAN 280

EMPATIE

"Ons liefde kwyn as dit nie versterk word deur die waarheid nie, en ons waarheid maak seer as dit nie versag word deur liefde nie." — John Stott.

Die wese van empatie is die fyn balans tussen die waarheid en liefde. 'n Ouer wat net altyd sy kind wil red, gebruik net liefde en nie die waarheid nie. 'n Ouer wat net altyd voorskriftelik is, kom nie so liefdevol voor nie. 'n Ondersteunende ouer wys sy liefde vir sy kind, ongeag wat die kind sê of doen. So 'n ouer is standvastig genoeg om die beste straf uit te deel om te verseker dat sy kind die lesse van die lewe kan leer. Dit is moeilik om die balans reg te kry. Ouers se angs en woede speel wipplank en daarmee saam hulle rol as redder of diktator. Is jou liefde te min of maak jou waarheid te seer?

Die verhouding tussen ons en ons Hemelse Vader speel 'n bepalende rol in hoe ons liefde en waarheid balanseer.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com