Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 68 VAN 280

VREUGDE IN BEPROEWINGS, PYN IN OORWINNINGS

Jesus het hierdie gelykenis vertel tydens 'n ete waar 'n Fariseër die gasheer was. 'n "Sondige" vrou het 'n pad oopgeveg tot by Jesus se voete. Sy het gehuil en sy voete met haar hare afgedroog. Sy het parfuum op sy voete gegooi, en dit het die gaste geweldig ontstel. Die gaste was nog meer verbaas toe Jesus haar al die dinge toegelaat het, haar geloof erken en haar sonde vergewe.

Jesus het die Fariseër en die sondige vrou met mekaar vergelyk. Altwee moes vergewe word, maar net een het die behoefte raakgesien. Haar sonde was opsigtelik en sy kon nêrens heen gaan behalwe na die Verlosser toe nie. Sy sonde was onopsigtelik, behalwe vir God. Sy sukses het hom trots gemaak en hy het nie besef dat hy 'n Verlosser nodig gehad het nie.

Wees versigtig met 'n gehoorsame kind. Jy loop die gevaar om die min verkeerde dinge oor te sien omdat "hy altyd so gehoorsaam is!" Ons almal moet soms fouteer sodat ons kan besef dat ons God se genade nodig het. Moenie toelaat dat jou kind se oorwinnings hom van God verwyder nie.
Dag 67Dag 69

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com