Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIE WAARDE VAN BEPROEWINGS
Die psalmdigter was deur mense met 'n hoë gesag en in 'n hoër posisie as hyself bespot en vervolg oor sy geloof, maar hy het sterk bly staan en getrou die Woord van God bestudeer. Hy vertel dat die vervolging en ellende inderdaad nodig was om te keer dat hy die pad byster raak. "My swaarkry het my geleer om mooi na U te luister" (Psalm 119:71 DB).
As ons in iets slaag, wil ons graag persoonlik krediet neem daarvoor. As ons moeilikhede ondervind is ons egter geneig om God vir antwoorde te vra. Hoe kon dit gebeur? Hoekom ek? Wat het ek verkeerd gedoen? As jy jou antwoorde in Bybelstudie en gebed soek, het jy alreeds 'n deel van jou antwoord gekry. Ons leer baie meer uit mislukkings as uit suksesse. Dalk is dit die rede hoekom Jakobus ons aanraai om "baie bly [te] wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom" (Jakobus 1:2).
Beproewings kan ons motiveer om God se waarheid en wysheid te soek.

Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com