Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 63 VAN 280

BYBELSTUDIE VIR KINDERS

Timoteus het groot geword in 'n godvresende huis, met 'n ma en ouma wat vir hom die Skrif geleer het. Hy was van kleins af omring met die Woord, ter voorbereiding van die oomblik toe Paulus hom deur Christus tot bekering sou lei. Hierdie vroeë blootstelling aan die Woord van God het hom voorberei vir die boodskap van Jesus.

Dit is nooit te vroeg vir jou kinders om die Bybel te leer ken nie. Daar is uitstekende Bybelprenteboeke vir kleuters en meer gesofistikeerde weergawes vir ouer kinders. Hulle sal uiteindelik groot genoeg wees om hulle eie Bybel te kry. Hierdie vroeë jare is in werklikheid van die produktiefste, want jou kinders is gretig om van jou te leer. Wend 'n poging aan om jou kinders van kleins af aan die Skrif bekend te stel. Hierdie ontvanklike tyd gaan so gou verby en in hul tienerjare is dit baie moeiliker.

Dit is nooit te vroeg om Bybelstudie te begin doen saam met jou kinders nie.
Dag 62Dag 64

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com