Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

GEEN WAARBORGE
Die mees goddelike ouers in die wêreld is nie gewaarborg dat hulle goddelike kinders gaan hê nie. Hoekom? Omdat kinders 'n vrye wil het en in 'n gebroke wêreld leef, net soos hulle ouers. Hulle het die keuse om ons voorbeeld en instruksies te volg of nie. Almal sal seker saamstem dat die profeet Samuel God getrou nagevolg het. Tog het sy kinders so sleg uitgedraai dat die mense vereis het dat 'n koning hulle rigters vervang. God het Samuel se getrouheid op baie maniere geëer, maar sy kinders se keuses het nie sy voorbeeld weerspieël nie.
Ouerskap is 'n reis met 'n bestemming wat nie verseker is nie. Ons kan nie op 'n goeie uitkoms reken net omdat ons getrou was nie. Daar is nie 'n formule wat sal verseker dat jou kinders Jesus gaan volg nie. Jy moet jou vertroue in God plaas, jou kinders aan Hom oorgee, God se wil na die beste van jou vermoë volg en die resultate aan Hom oorlaat.
Jy moet die resultaat van jou ouerskap aan God toevertrou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com