Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 60 VAN 280

DIE VOORBEELD VAN DISSIPLINE

Om voorbereid te wees vir goddelike ouerskap vereis 'n intieme, daaglikse wandel met God. Hy is immers die vader van die mensdom. Hy het al miljarde kinders gehad! Hy het ook sy gedagtes en ondervindinge aangeteken om as voorbeeld vir ons te dien op ons reis van ouerskap. Lees die Bybel deur die bril van ouerskap. Jy sal verbaas wees oor die rykdom van kennis wat dit bevat.

In 1 Timoteus 4:16 vertel Paulus vir Timoteus dat 'n gedissiplineerde lewe nodig is om effektief te wees in die lewens van ander. Later het hy hom vertel waar om die regte voorbeeld te vind: "Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil hê hulle moet leef" (2 Timoteus 3:16-17 DB).

Bybelstudie help jou om God na te volg en toe te laat dat sy wysheid deur jou na vore kom.
Dag 59Dag 61

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com