Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

EWIGE PERSPEKTIEF
God misbruik nooit lyding nie. Beproewings werk vir ons en nie teen ons nie (Jakobus 1:2-5). As ons op God vertrou en ons in sy hande oorgee, sal beproewings wat geduld word, volharding en volwassenheid in ons gesin se lewens bewerkstellig. As ons teen omstandighede rebelleer en stry, sal ons ongeduldig, impulsief en onvolwasse bly. God laat beproewings toe om ons karakter te bou. Warren Wiersbe beskryf dit so: "God kan 'n sampioen oornag laat groei, maar dit neem baie jare – en baie storms – om 'n eikeboom te vestig."
Jy het 'n ewige perspektief nodig om verby vandag tot in die ewigheid te sien. Jou kinders het jou leiding nodig om dit te kan doen. Jy kan geloof, hoop en liefde demonstreer terwyl jy jou kinders met empatie deur hulle beproewings lei. Dit sal hulle help om moeilike tye as geleenthede te sien om te groei, te ontwikkel en meer soos Christus te word.
'n Ewige perspektief gee ons die vermoë om verby ons tydelike beproewings te kyk.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com