Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 56 VAN 280

AANPASBAARHEID

Ons kinders is elkeen uniek. Party hou daarvan om besig te bly; ander wil alleen wees. Party is gehoorsaam; ander toets gedurig die grense. Party is dikvellig; ander neem vinnig aanstoot. Alle kinders verander met die jare. Dit is die ouer se verantwoordelikheid om sy ouerskaptegnieke by elke kind se persoonlikheid aan te pas.

Dit is nodig om die ongedissiplineerde en opstandige kind te vermaan. Jy sal uitgedaag word om hom voortdurend, maar met empatie, die gevolge te laat dra.

Dit is nodig om die moedelose kind aan te moedig. Jy moet leer om na hulle bekommernisse te luister, hulle gevoel daaroor te reflekteer en hulle te laat verstaan dat jy volle vertroue in hulle vermoëns het.

'n Swak kind het hulp nodig. Dalk neig hy om net die reëls te gehoorsaam sonder om die beginsels daaragter te verstaan nie. Jy kan geestelike wysheid vir jou kind leer terwyl jy hom help om te verstaan hoekom hy op 'n sekere manier opgetree het.

God vra ons om geduldig te wees met die verskillende persoonlikhede van ons kinders. God wil hê dat ons elke kind ten volle ken en ons ouerskaptegnieke daarvolgens aanpas.
Dag 55Dag 57

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com